Posted on Leave a comment

Die geskiedenis agter Vlooi…

So loop ek al sedert 1999 met die idee van Vlooi in my agterkop en worstel. Hoe gemaak en wat gedoen om mense te help om hul produkte te verkoop, en tog ‘n naam vir Afrikaans op die mark te kry. Ek het groot geword in die dorpie Volksrust, vars van die plaas af. Meestal alles hand gemaak en met selfgemaakte klere groot geword. En dit is hoe dit hoort. So kan ek getuig dat mens baie meer leer en ook beter weet waarvan jy hou en wie jy is! Jy kan verseker meer doen en maak … en jy sien kans om projekte aan te pak!

Ek stap op ‘n mark rond … ek sien hoe ons dames die hele Saterdag moet omsit by ‘n tafel, terwyl sy eintlik by haar gesin en kinders moet wees.  So wriemel die idees in my op kompleet soos ‘n spul sandvlooie wat uibroei na die eerste reëns… Vlooi presenteer hom in my gedagtes. Dit kom natuurlik en maklik na soveel jare vir my … ek het dit, ek weet … ek het die vlooi gevang!

Adverteer jou produkte hier, jy kan fokus op wat jy geniet, jou passie! Maak rande met jou hande.

Turn your passion into profit!

Welkom by Vlooi!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *