Handgemaakte produkte

Vlooi Handgemaate produkte

Ons het al almal probeer om iets te maak, of jy nou in die klas moes sit en dit doen vir punte of as jy besluit het … jy wil iets spesiaals vir iemand spesiaals maak. Ja, daar raak ek die hartsnaar waarna ek verwys. 

SPESIAAL…

En dit is gewoonlik baie tyd en moeite wat in die produk ingaan om dit reg te kry, die regte kleur, die regte prentjie, net soos daardie persoon daarvan sal hou. En jy spandeer ure daaraan … want dit moet meer wees as net ‘n produk. Dit is jou tyd, jou liefde, jou omgee – einlikg jou hele hart wat daarin gaan. 

Vlooi is die huis van handgemaakte Suid-Afrikaanse produkte. Dit is unieke produkte wat ek – Mignon – met die hand uitsoek en die kunstenaars nooi om produkte hier te verkoop. Soms doen mense aansoek via ander kanale, maar dit is meestal iets wat ek uitsoek wat ek dink kan inpas by die bestaande hart van die aanlyn mark. 

Dit gebeur soms dat ek mense wegwys, veral as die kwaliteit van die foto’s swak is. Swak foto’s is soos ‘n winkel venster wat sonder aandag nog teen 14 Februarie die kersversierings van twee jaar terug het. Vol stof, winkelpoppe wat afarm daar staan en sommer net ‘n seer kol op jou hart laat. 

Ek moet sê, dit is heerlik om op groepe te kyk wat mense maak en aansoeke te kry van die mooiste items. Dit is hartseer as ek produkte moet wegwys, maar dit skep vir ons ‘n president van wat ons op vlooi sit, wat die kwaliteit van ons produkte is en wat ons dan met trot aan ons kopers kan bied. 

Handgemaake produkte val in verskeie kategorie. Ek probeer om nie saamgeflansde produkte hier te verkoop nie, want dit kan enige iemand van ‘n prentjie af maak. Ons kyk na unieke, kunswerke, en fokus beslis op Suid-Afrikaanse produkte. Inryg van krale is soms moeilike, maar ek wys dit weg, ek verkies dat jy ten minste die krale self verf, bak, of uit hout draai … ons soek outentieke items. 

Handgemaake produkte grens soms baie na aan masjien gemaakte produkte. Ek verwys hier spesifiek na die nuwe trend van LAZER cutting waar honderde produkte letterlik uitgebrand word en op handgemaakte groepe verkoop word. Ek is nie altyd seker oor die items nie… maar met kreatiewe produkte maak ek wel uitsonderings. 

Dan kry ons die manne wat op draaibanke produkte maak, hierdie is baie mooi, dit van deeglike beplanning en alhoewel jou man se draaibank ‘n masjien is, grens dit reg langsaan die naaldwerk masjien en breipenne wat jy gebruik om die mooiste goed te maak. Ek wens ons kan meer manne met hout items kry! Dieselfde geld vir sweiswerk. Yster items word met die hand gemaak, beplan en masjiene saamgesit. Hier dink ek aan die klein fabriek buite Johannesburg wat trekkerspeelgoed maak vir kinders. Handgemaak is dit wel in ‘n klein fabriek!!

Registreer, stuur jou foto’s in en laat ek kyk .. oortuig my as jy moet! 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *