fbpx

Our story

Vlooi Handmade lists artisinal handmade South African crafts. These are available under one roof, where you will not waste time with lists of products that you are not interested in. Choose your category and get your gift sorted! Make sure to look at various products in the stores. Once you buy from a specific store, you can save loads on postage, by looking at what else is available in the same store. We make use of dropshipping, to keep costs ultra low and to help you as buyer get the best quality and price out there!!

Vlooi lys Handgemaakte Suid-Afrikaanse produkte en geskenke. Uitgesoek en deur kunstige verskaffers.  Vakmanskap of dan artisin produkte is ons voorkeur!!  Handgemaak uit leer, hout, staal, linne, keramiek en baie meer!! Hier is iets vir almal, van baba’s, kinders, peuters en volwassenes.  Ons produkte sluit eenvoudige handwerk tot vakmanskap (bv. messe) in! Jy kan kies en keur, hier is iets vir elke geur!

Alles uniek, outentiek, kreatief – jou hart se dief!

In 1999 is Vlooi begin as ‘n webwerf wat gratis advertensies gedoen het vir Handgemaakte Suid-Afrikaanse produkte of crafts. Dit was eenvoudig maar effektief en heeltemal gratis. Baie mense het produkte gehad om te verkoop maar advertensie kostes was redelik hoog. Vir Suid-Afrikaners is alles duur, en my leuse is: Maak rande met jou hande | Turning passion into profit. Hoe doen jy dit as alles duur is? 

Vandag is Vlooi steeds besig om mense te help om aanlyn besigheid te doen, en “amper” gratis. Om jou eie aanlyn winkel te hê gaan jou ten minste R1200 net aan lidmaatskap kos, en dan is daar nog geen ander kostes bereken nie. Vlooi maak dit dus steeds moontlik vir verkopers om produkte iewers in ‘n winkel – hul eie winkel – aanlyn te vertoon teen ‘n heel bekostigbare prys. 

Hoe dan nou anders … dit is mos my passie in die lewe: om Suid-Afrikaners te bemagtig met hulle vaardighede. 

Voordele van ‘n aanlyn winkel: Daar is tonne handgemaakte produkte te koop op ander sosiale media platforms, maar dan is daar ook tonne ditjies en datjies om deur te blaai wat jy glad nie wil koop of in belangstel nie. Vlooi is tuiste van kwaliteit Suid-Afrikaanse produkte. 

Verskaffers word gekeur, en indien produkte met swak foto’s opgemerk word, word dit afgehaal. Hoekom? Want dit maak afbreek aan jou mooi kwaliteit produk met ordentlike foto’s.  Jy kan dus weet dat wie saam jou op vlooi verkoop, net soos jy moeite doen en kwaliteit produkte laai. 

1. Stuur jou aansoek NOU in!
2. Registreer – Geen koste
3. Adverteer – Geen koste
4. Sodra ons iets verkoop betaal ons jou

Jy het niks om te verloor nie, so hoekom nie?

So maak jy rande met jou hande | Turning passion into profit!

0

Your Cart