Posted on Leave a comment

Hoe om produkte te verkoop …

So jy het ‘n crazy produk en niemand koop dit nie, of jy weet nie waar om te begin nie. Jy het dalk net een produk, en dit is deesdae jou brood en botter.

Wel … gelukkig vir jou het ek ‘n passie vir mense en siende dat dit in my gene vasgelê is, is dit die doel met vlooi … om JOU produk te bemark … dit is my produk!!

Ek is tans besig met ‘n amazing kursus oor juis hoe om produkte te “launch”. Ek gaan einde Aug begin om die webwerf te bemark … maar teen dan moet jy jou produkte hier gelaai het anders bemark ek ‘n leë winkel 😉 !!

Sien uit na ons motto: Maak rande met jou hande …

Posted on Leave a comment

Die geskiedenis agter Vlooi…

So loop ek al sedert 1999 met die idee van Vlooi in my agterkop en worstel. Hoe gemaak en wat gedoen om mense te help om hul produkte te verkoop, en tog ‘n naam vir Afrikaans op die mark te kry. Ek het groot geword in die dorpie Volksrust, vars van die plaas af. Meestal alles hand gemaak en met selfgemaakte klere groot geword. En dit is hoe dit hoort. So kan ek getuig dat mens baie meer leer en ook beter weet waarvan jy hou en wie jy is! Jy kan verseker meer doen en maak … en jy sien kans om projekte aan te pak!

Ek stap op ‘n mark rond … ek sien hoe ons dames die hele Saterdag moet omsit by ‘n tafel, terwyl sy eintlik by haar gesin en kinders moet wees.  So wriemel die idees in my op kompleet soos ‘n spul sandvlooie wat uibroei na die eerste reëns… Vlooi presenteer hom in my gedagtes. Dit kom natuurlik en maklik na soveel jare vir my … ek het dit, ek weet … ek het die vlooi gevang!

Adverteer jou produkte hier, jy kan fokus op wat jy geniet, jou passie! Maak rande met jou hande.

Turn your passion into profit!

Welkom by Vlooi!

Posted on Leave a comment

Vlooi produkte

Verkopers

  • Lys jou produk by Vlooi.
  • Daar is verskillende lidmaatskap opsies.

Sellers

  • You are welcome to add your product on Vlooi.
  • There are various membership options.

Kopers

  • Alle klagtes en navrae aan Vlooi direk gemaak

Buyers

  • All complaints to be directed to Vlooi, for further investigation.