Aansoek om te verkoop

Voornemende Vlooi verkopers

By Vlooi poog ons om kwaliteit produkte daar te stel. Daar is dus voorwaardes om hier te kan verkoop:

  • Die produk moet outentiek en handgemaak wees.
  • Geen fabriek vervaardigde produkte nie.
  • Geen vingage of antieke produkte nie.
  • Jy kan “upcycle“, maar dit moet steeds handgemaak en uniek wees.
  • Verkopers wat swak kwaliteit foto’s publiseer sal verwyder word. Doen asb so bietjie moeite hiermee, daar is ‘n hulpvideo wat wenke gee.

Vlooi wil die beste Handgemaakte produkte daarstel, en verhoed dat gebruikers die tonne foto’s en produkte blaai sonder om iets besonders, spesiaals en van kwaliteit te kry. Sou jou produk dus nie kwaliteit wees nie, sal jy dit nie hier kan lys nie.

Moet asb nie net van derdeparty produkte gebruik maak nie. Jy mag wel materiaal van derdepartye gebruik, maar ek wil verhoed dat ons tonne “crafts” hier plaas wat nie kwaliteit en uniek is nie. As jy juwele maak, moet jy daardie krale self maak en verf. Ek soek HANDGEMAAK, nie aanmekaargemaakte produkte nie.

Pryse:

Ek wil tans nie lede geld vra nie, want dit gaan so swaar en moeilik soos dinge nou reeds is. Die plan is om die elektroniese bank kostes te dek, en daarom is die TOTALE koste slegs 11%. Dit sluit jou produkte, jou winkel, jou kredietkaartfooie en uitbetalings fooie in. ALLES is gedek in daardie koste.

Stuur vir my jou besonderhede met foto’s dan kyk ek en stuur vir jou die dokumente en skakel waar jy kan aansluit as verkoper. Sou jy nie die eerste keer slaag nie, kan jy ALTYD ‘n tweede keer probeer!